Britse rentekoers die hoogste in 14 jaar

Die Bank van Engeland het vandag sy rentekoers met ‘n halwe persentasiepunt tot 3,5 persent verhoog, die hoogste vlak in 14 jaar, in ‘n poging om die ontsettende hoë inflasie te bekamp. Dit was die bank se negende verhoging in ‘n ry. Die styging was minder as in November toe die uitleenkoers met 0,75 persentasiepunte verhoog is. Die Britse regering sê die ekonomie is in ‘n resessie wat hy verwag volgende jaar sal voortduur weens die vinnig-groeiende energie- en brandstofrekeninge. Britse inflasie staan op 10,7 persent, die hoogste vlak in ongeveer 40 jaar.