Nkosazana Dlamini-Zuma na ANC se dissiplinêre komitee verwys

Die waarnemende sekretaris-generaal van die ANC, Paul Mashatile, het Nkosazana Dlamini-Zuma na die ANC se dissiplinêre komitee verwys. Dit volg nadat Dlamini-Zuma, in weerwil van die party se opdrag, ten gunste van die aanvaarding van die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-plaasskandaal gestem het. Hy sê alle lede wat die party se opdrag verontagsaam het, sal na die dissiplinêre komitee verwys word. Ralph Mgijima sal die voorsitter van die komitee wees.