Britse premier belowe einde aan agterstand van asielsoekers

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê 400 spesialiste sal aangestel word om eise van Albanese te hanteer in ‘n poging om die agterstand met asielsoekers teen die einde van volgende jaar uit die weg te ruim. Daar is tans 143 377 mense wat nog wag op ‘n beginselbesluit oor hul aansoeke. Volgens Sunak sal die VK ook 10 000 asielsoekers in vakansieparke, militêre terreine en studentekoshuise huisves. Hy bevestig ook ‘n nuwe eenheid met 700 personeellede sal klein bote oor die Engelse Kanaal monitor.