Anglikaanse aartsbiskop sê Ramaphosa se geloofwaardigheid is geskend

Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê die Phala Phala-sage is nie verby nie omdat die land nog die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Reserwebank se mening moet hoor. Die Nasionale Vergadering het Dinsdag teen die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag gestem. Die paneel het bevind Ramaphosa het moontlik die Grondwet geskend toe geld in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel is. Makgoba sê Ramaphosa se geloofwaardigheid het ‘n knou gekry.