Britse poskantoor kan 10 000 poste sny

Brittanje se Royal Mail kan tot 10 000 poste sny. Internasionale nuusagentskappe berig die onderneming word teen ‘n verelies bedryf en waarsku oor nog afleggings indien die voorgenome stakings voortgaan. Die maatskappy is in ‘n dispuut met sy grootste vakbond gewikkel. Dit het hom verplig om nog groter verliese in die vooruitsig te stel en aandele het gevolglik met 10 persent gedaal. Die Communication and Workers Union, wat 115 000 poswerkers van Royal Mail verteenwoordig, het in September en vroeër  vandeesmaand met stakings begin. Hulle dreig met meer nywerheidsoptrede na maande se vrugtelose onderhandelinge oor salarisse en veranderings in die werksplek