Indonesië se sokker-ramp deur traanrook veroorsaak

Sokker: Indonesië se regering het aangekondig die stormloop in die Kanjuruhan-stadion in Oos-Java waarin 130 mense dood is, is deur traanrook veroorsaak. Die voorval word beskryf as een van die wêreld se ergste sport-rampe. Ondersoeke dui aan polisielede in die stadion het nie geweet van Fifa se verbod op traanrook se gebruik as skarebeheer-maatreël nie. Daar is ook bevind die Indonesiese Sokkervereniging was nalatig deur regulasies te ignoreer, en daar word gevra dat die uitvoerende komitee bedank.