Britse polisie raak slaags met pro-Palestynse betogers

Die Britse polisie het met betogers in Londen slaags geraak wat in duisende opgedaag het om teen die Israeliese aanvalle in Gasa te betoog. Die protesgangers het na die Israeliese ambassade opgeruk en pro-Palestynse slagspreuke gesing en vlae en baniere geswaai. Hulle het ‘n beroep op die Britse regering gedoen om op te tree ná verlede week se gevegte tussen Israel en Hamas-militante. Die organiseerders het geëis dat die Britste regering sy steun aan Israel moet onttrek.