Krieket Suid-Afrika bly in die nuus

Krieket Suid-Afrika se verhore oor hervorming gaan die eerste week van Julie begin. Dit is deel van die liggaam se projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou onder leiding van Dumisa Ntsebeza as hervormings-ombud. Die projek wil ‘n onafhanklike klagtestelsel wees vir die genesing, herstel en eenheid in sport in die buurland. Volgens nuusagentskappe het Ntsebeza gehoop dat die verhore vroeër sou begin, maar logistieke uitdagings het blykbaar tot die uitstel gelei.