Britse moordbeskulidgde Harvey Boulter môre weer in hof

Die Britse moordbeskuldigde en sakeman, Harvey Boulter, verskyn môre weer in die Outjo-landdroshof. Boulter staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, wat op 27 Februarie noodlottig op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik gewond is. Boulter het self ‘n skietwond in sy hand opgedoen en was in ‘n hospitaal tot sy borgtogverhoor opgeneem . Sedert hy borgtog geweier is, het hy Covid-19 opgedoen en is in die Safari Hotel in kwarantyn geplaas waarna Boulter weer in ‘n Windhoekse privaathospitaal opgeneem is. Kommissaris James Nderura, streeksbevelvoerder van die Kunene-streek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.