Tshwane sluit biblioteke, vermaaklikheidsentrums

Die Stad Tshwane het inwoners in kennis gestel dat sy biblioteke en vermaaklikheidsgeriewe soos teaters en fliekteaters gesluit is. Kulturele geriewe soos museums en galerye word hierby ingesluit, aangesien die land tans in die aangepaste inperkingsvlak-vier is. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die provinsiale aanlyn biblioteekplatform genaamd Overdrive is steeds beskikbaar en bied toegang tot e-boeke en oudioboeke.