Militêre veterane skaar hulle agter Zuma

Die uMkhonto we Sizwe-vereniging vir Militêre Veterane het hom agter Jacob Zuma geskaar ná die Konstitusionele Hof se beslissing vanoggend dat die oudpresident weens minagting van die hof 15 maande agter tralies moet deurbring. Die vereniging se president, Kebby Maphatsoe, het Zuma aangemoedig om die uitspraak uit te daag en hom nie binne vyf dae aan die polisie in Nkandla te oorhandig nie. In antwoord op ‘n vraag of hulle die battaljon wat Zuma se woonplek in KwaZulu-Natal bewaak gaan versterk, het Maphatsoe gesê hulle planne sal later bekend gemaak word.