Britse moordbeskuldigde wéér in hospitaal

Die Britse sakeman en moordbeskuldigde Eric Boulter is terug in die hospitaal. Na hy op 11 Mei in die Outjo-landdroshof borgtog geweier is, het hy glo Covid-19 gekry en is hy onder kwarantyn in die Safari Court Hotel geplaas. Hy is direk van die hotel na die Paramount-gesondheidentrum in Eros geneem nadat hy van Covid herstel het. Kommissaris James Nderura, die Kunene-streeksbevelvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Boulter ‘n doktersbrief wat hom na ‘n Windhoekse hospitaal verwys het. Boulter staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik.