ReconAfrica: Knowledge Katti het kennis oor media

ReconAfrica se kommunikasiedirekteur, Ndapewoshali Shapwanale, het bevestig ‘n kontrak is met die omstrede sakeman, Knowledge Katti, gesluit. Volgens ‘n Kanadese koerant, The Global and Mail, is Katti betaal as media-konsultant deur ReconAfrica, die Kanadese olie- en gasmaatskappy wat eksplorasie in die Kavango-Oos doen. Shapwanale het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Katti is ‘n Namibiese burger en het goeie kennis oor hoe om met die plaaslike media werk. Sy sê ReconAfrika het ‘n streng beleid waarvolgens plaaslike mense aangestel word.