Europa ervaar ook toename in Covid-19-gevalle

Die Delta-variant van die koronavirus versprei soos ‘n veldbrand ook deur Europa. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen het gesê dat EU-lidlande waaksaam bly om die verspreiding van die Delta-variant van Covid-19 te voorkom.