Burgerlikes in die Oekraïne kry uiters swaar

Die huidige temperatuur in Kiëf is 0 grade met ligte sneeu en dit is ook half-12 in die Oekraïnse hoofstad. Die Russiese President Vladimir Putin het onderneem om nie aanvalle op die land se energie infrastruktuur te staak nie en daar is groot kommer oor die welstand van burgerlikes. Kira Rudik, ‘n parlementslid in die Oekraïne sê dat warm water ‘n luuksheid is.