Zuma se regspan wil korrupsieverhoor uitstel

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se regspan wil hê sy korrupsie-verhoor moet met twee tot drie weke uitgestel word. Advokaat Dali Mpofu het aan die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê die onrus sal in die komende weke effens afneem. Die span wil ook hê hy moet self in die hof wees en nie die verrigtinge deur middel van virtuele verbinding volg nie. Mpofu het staatsaanklaer Billy Downer se betoog ontken dat die versoek net nog ‘n vertragings-taktiek is.

Regter Piet Koen het beklemtoon dis in Zuma se belang en die hof s’n dat die saak afgehandel word. Hy sê dit is reeds erg vertraag. Koen sê die saak kan nie deur die onvoorspelbare gebeure voorgeskryf word nie.