Britse intelligensie sê die Russiese weermag is desperaat

Terwyl verskeie kenners sê die konflik in Oos-Europa kan tydens die winter ‘n dooiepunt bereik as gevolg van weerstoestande, sê die hoof van die Verenigde Koninkryk se GCHQ-intelligensie-agentskap Sir Jeremy Fleming Rusland se weermag is uitgeput, maar daar is nog geen tekens van kernwapengebruik nie. Hy voer aan dat die mobilisering van gevangenes en onervare mans “spreek van ‘n desperate situasie” – en sê Russiese President Vladimir Putin het foute gemaak.