Utoni wil mediese voordele by SSC hê

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma het ‘n beroep op die Maatskaplike Voorsorgkommissie gedoen om die Nasionale Mediese Voordelefonds sonder versuim te beplan en te stig. Volgens die Wet op Maatskaplike Sekerheid sal die fonds mediese voordele verskaf aan elke werknemer wat ‘n lid van die fonds is, behalwe as ‘n lid deel is van enige ander mediese fonds of skema wat deur die minister op aanbeveling van die kommissie goedgekeur is. Die lede sal ook onderworpe wees aan die nakoming van ander bepalings van die wet. Die skakelbeampte in die ministerie, Maria Hedimbi, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.