Geen vuurwerke toegelaat

Geen vuurwerke of die skiet van klappers word in Windhoek toegelaat nie, ook nie tydens môreaand se Nuwejaarsvieringe nie. Die stad maan dat vuurwerke gevaar inhou vir mense, diere en die verkeer. Stad Windhoek sê dit het die enigste permit om ‘n vuurwerkvertoning op ‘n geordende manier tydens sy gratis Nuwejaarsvieringe môre-aand by sy parkeerterrein aan te bied. Dele van die strate voor die munisipaliteit by die kruising van Onafhanklikheidslaan en Sam Nujoma ry-laan, asook en Gartenstraat sal gesluit wees vir die partytjie wat om ses-uur môreaand begin. Swakopmund en Walvisbaai verbied ook vuurwerke met slegs die amptelike vuurwerk-vertoning wat naby Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai goedgekeur is.