Gemeenskappe moet help om geslagsgeweld in SA uit te roei

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, doen ‘n beroep op gemeenskappe om hulle deel te doen om alle vorms van geslagsgeweld en vrouemoord, sowel as alle ander misdaad, uit te roei. Lamola het gemeenskapslede by ‘n imbizo in Indwe in die Oos-Kaap toegespreek en gesê mense moet bereid wees om saam met wetstoepassing te werk om hierdie euwel uit te roei.