Melk vir renosterwesie gesoekNovember 23, 2021

Björn Basler van die Helmeringhausen Hotel het ‘n insamelingsveldtog vir melk vir ‘n vyf weke oue renosterwesie begin. Die renosterkalfie se ma is gestroop en sy het vir vier weke rondgedwaal en voor sy gevind is. Die wesie is Mwezi gedoop wat maanskyn in Swahili beteken. Basler sê aan Kosmos 94.1 Nuus die wesie is steeds in ‘n kritieke toestand. Vetvrye langlewe melk word vir die kalfie ingesamel en hul doelwit is 900 liter melk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *