Berigte dat Swakoprivier sy monding bereik het

Berigte teen 11-uur gisternag vanaf die kus toon dat die Swakoprivier teen middernag sy monding en die see kon bereik het. Daar was swaar neerslae in die opvang gebied van die Khanrivier wat die Swakop voed. Teen Mandagaand het die rivier die gebied van sandmynbedrywighede, 22 kilometer vanaf Swakopmund bereik en teen laat gisteraand het die rivier kant en wal naby Holstein geloop. Plasings op sosiale media dui aan dat die Swakoprivier die sogenaamde Maanvallei vir die eerste keer sedert 2011 bereik het.