Soektog na Hangana-visserman afgelas

Die soektog na die verlore visserman van Hangana Seafood is gestaak nadat hy verlede week op see vermis geraak het. Die O&L Groep se woordvoerder, Roux-Che Locke, het bevestig die soektog na die 35-jarige Jonas Heita wat sedert verlede Maandag van die Begonia-vaartuig vermis is, is finaal afgelas nadat ‘n lugsoektog en reddingsoperasie verlede week van stapel gestuur is.