Kuberaanvalle raak al hoe meer algemeen

Kuberaanvalle is ‘n toenemende bedreiging hier sowel as in Suid-Afrika. Ondernemings wat dit nie kan afweer nie kan skade van miljoene Namibiese dollar en Suid-Afrikaanse rand ly en baie moet hul deure sluit. In die afgelope jaar is 47-persent van die buurland se ondernemings geraak deur losprysware. Die besturende direkteur van Data Management Professionals, Iniel Dreyer, waarsku kubermisdadigers kom voortdurend met nuwe en beter planne vorendag.

Hy sê uitvissing deur middel van eposse is ‘n gewilde manier om rekenaarstelsels binne te dring en werkers wat eposse oopmaak is een van die grootste risikos: