Brent styg met amper US$3

Oliepryse het vanoggend begin opwaarts neig na die aankondiging dat China sy Covid-maatreëls vir besoekers, begin verslap.  Donderdag sowat $1 gestyg namate beleggersentiment toegeneem het oor nuus dat China ‘n verkorting in die duur van kwarantyn vir inkomende besoekers oorweeg. China, die wêreld se grootste ru-olie invoerder, het vanjaar by streng Covid-beperkings gehou, wat sake- en ekonomiese aktiwiteit bemoeilik het en die vraag na brandstof verlaag het. Oliepryse word ook opgestoot deur die dreigende verbod van die Europese Unie op Russiese ru- en olieprodukte, sowel as die produksieverlaging van 2 miljoen vate daagliks deur Opul-lede wat in November in werking tree. Olie het vanoggend van rondom 90 Amerikaanse dollar ‘n vat na 93 dollar en 60 sent ‘n vat gestyg. Ekonome het reeds ‘n verhoging in brandstofpryse vir November voorspel.