Brent skiet weer op na US$101 per vat

Brent ru-olie het al weer tot bo 100 Amerikaanse dollar per vat gestyg nadat Saoedi-Arabië voorgestel het dat Opul moet oorweeg om produksie te verminder oor vrese van ‘n wêreldwye ekonomiese inkrimping. Internasionale nuusagentskappe berig dat bronne in Opul sê dat enige besnoeiings deur die groep en sy bondgenote waarskynlik sal saamval met ‘n terugkeer van Iranse olie in die mark sou Teheran ‘n kernkragooreenkoms met wêreldmoondhede ondereteken.Opul produseer reeds 2,9 miljoen vate per dag minder as sy eintlike teiken, wat enige besluit oor besnoeiings of hoe om die basislyn vir ‘n uitsetvermindering te bereken, bemoeilik. Die kwessie het die daling van amper 10 persent in die olieprys in die afgelope 30 dae uitgevee en tans staan die daling op net minder as 3,5 persent. Nie goeie nuus vir die brandstofprys nie.