Vleisraad sê ontwikkelings in die Noorweegse mark moet ons aandag kry

Die Namibiese Vleisraad sê ontwikkelings in die Noorweegse mark moet dopgehou word. Daar is tans ‘n kwota van 3 200 metrieke ton wat Namibië met Botswana deel. In 2021 is 520 miljoen Namibiese dollar met die kwota verdien maar, Noorweë is besig om sy eie beesvleis-produksie en –waardeketting te ontwikkel. Ace Mutelo, hoof van inligtingstelsels by die Vleisraad sê Namibië moet aandag gee om die kwota te behou.