Brent op met 1% soos handel open, toekoms onbekend

Die prys van Brent ru-olie het vanoggend met 1 persent gestyg na die onlangse aanvalle deur Houthi-rebelle in die Rooisee wat deur die Amerikaners afgeweer it. Terwyl Chinese fabrieksdata swak vertoon het, het data van die privaatsektor groei aangeteken wat tot ‘n styging in die kommoditeit kan lei. Analiste hou steeds by hulle voorspellings van ‘n gemiddelde prys van net onder 83 Amerikaanse dollar ‘n vat vir 2024 maar voeg by, die oorlog in die Midde-Ooste kan ‘n wesenlike impak hê op pryse. Die vooruitsig vir globale ekonomiese groei om te verlangsaam en toenemende kommer oor stygende aanbod, veral van produsente buite Opul, het veroorsaak dat Brent in 2023 met meer as 10 persent gedaal het. Brent verhandel op die oomblik teen net bo 78 Amerikaanse dollar ‘n vat.