Mamma-Osaka wen eerste wedstryd na 15-maande breek

Die nuwe ma, Naomi Osaka, het die eerste wedstryd ná haar terugkeer gewen deur Tamara Korpatsch in skoon stelle te klop by die Brisbane internasionale toernooi. Die Japanse vier-malige Grand Slam-kampioen, wat in haar eerste toernooi in 15 maande gespeel het, het die ongekeurde Duitser 6-3 en 7-6 verslaan. Sy sal volgende teen Karolina Pliskova te staan kom. Osaka het agterna gesê sy is baie trots op haarself en dink sy het ‘n goeie standaard gehandhaaf. Die 26-jarige Osaka het in Julie 2023 geboorte geskenk aan haar dogter Shai.