Brandstofprys eers Maandag bekend, SA het groot kommer

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die aankondiging van die nuwe brandstofprys tot Maandagoggend tien-uur uitgestel. ‘n Perskonferensie in die verband sou vanoggend gehou word. Die olieprys het sedert begin April redelik rond gespring maar het tussen die band van 100 en 120 Amerikaanse dollar gebly. Die opheffing van, van die plaaslike brandstofheffings, geld steeds tot einde Julie vanjaar. Maar, dit blyk nie geval te wees in Suid-Afrika nie. Verbruikers kan ‘n skokkende verhoging van amper 4 Suid-Afrikaanse rand volgende week te wagte wees. Die DA se Kevin Mileham sê daadwerklike stappe moet geneem word omdat brandstof in Suid-Afrika duurder is as sy buurlande, wat hy van brandstof voorsien.