Moenie alleen draf nie, los selfoon tuis

Windhoekers draf graag op die Daan Viljoen-pad, maar ‘n drawwer is tydens Afrika-dag deur rowers aangeval, aangerand en beroof. ‘n Ander drawwer het gesien hoe dit gebeur en is getraumatiseerd deur die gewelddadige voorval. Die streeksbevelvoerder van Khomas, kommissaris Ismael Basson dra kennis van die voorval wat by die polisie aangemeld is. Hy het ‘n beroep op drawwers gedoen om vir hul eie veiligheid in groepe te gaan draf en hul kosbare besittings soos selfone tuis te laat.