GRN moet daadwerklik bal aan die rol sit na Davos, meen kenner

Die Namibiese regering is druk besig om die groen waterstof-projek by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland te bevorder. Terwyl die Europese Unie probeer om Russiese olie en gas te vermy, bemark Namibië sy hernubare natuurlike hulpbronne soos sy oorvloedige sonskyn en wind. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie aan die Universiteit van Namibië, sê dat Namibië aan so gou as moontlik die bal aan die rol sit met die projek sodra hulle terugkom van Davos.