Verpligte inentings al hoe meer algemeen

Die adjunkpresident van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers, Phillip Munenguni, sê dit raak ‘n neiging dat werkgewers hul werknemers dwing om teen Covid-19 ingeënt te word. Welwitschia Catering and Cleaning Services, ‘n subkontrakteur van die Rössing-uraanmyn, het glo sy 106 werknemers wat nog nie ingeënt is nie, tot volgende Woensdag tyd gegee om in te ent, of hulle sal ontslaan word. Werknemers is na bewering aanvanklik beveel om voor 30 September ingeënt te word.