Brandstof subsidies kos N$1,2 miljard in ’21

Plaaslike media berig dat die Nasionale Energiefonds 1,2 miljard Namibiese dollar verlede jaar verloor het met subsidies van die brandstofprys in die land. Volgens die fonds se direkteur Saima Neke was dit die koste van onderverhalings sowel as 72 miljoen dollar in vervoerkostes na landelike gebiede om hoër pryse in afgeleë plekke te verhoed. Simonis Storm het ook aan die einde van 2021 ‘n ontleding van die brandstofprys gedoen. Daar is bevind dat daar onderverhalings van 9 dollar 28 sent per liter petrol gedurende die jaar was en dat dit impliseer dat petrol reeds aan die einde van 2021 op 20 dollar 63 sent ‘n liter moes verkoop.