SA ook geteiken deur Russiese kuberkrakers

Dit het aan die lig gekom Suid-Afrika is een van omtrent 135 lande wat Amerika beweer deur Russiese regeringswerknemers geteiken is, as deel van twee reuse kuberkraak-veldtogte. Die doelwit was om energie-maatskappye en noodsaaklike infrastruktuur te ontwrig. Volgens Daily Maverick, het Eskom reageer op navrae oor die saak en gesê hy stry soos elke ander organisasie gereeld teen kuber-aanvalspogings. Suid-Afrika het ‘n neutrale standpunt ingeneem oor die Russiese inval in Oekraïne.