Brandstof-smokkelary in die Noorde: Ingrypings dringend nodig

Die smokkelary van onwettige brandstof uit Angola duur voort en neem volgens ‘n sakeman in die Noorde, toe. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar, sê daar is talle uitdagings en besigheidseienaars staar verskeie uitdagings in die gesig. Hy sê ingrypings is broodnodig.