Almal in Namibië moet bekommerd wees oor klimaatsverandering

Die Namibiese minister van die omgewing, Pohamba Shifeta, sê almal in Namibië moet bekommerd wees oor klimaatsverandering. Hy sê 70 persent van die land se bevolking maak staat op kleinskaalse landouproduksie en veeboerdery en daarom moet die stygende temperature en veranderende reënvalpatrone groot kommer wek. Hy het melding gemaak van die Zambezi-streek wat die kapasiteit het om vir Namibië ‘n voedselmandjie-streek te wees maar, wat ook in die afgelope paar jaar langer droë-seisoene beleef, en dan weer meer reënval wat tot vloede lei.