Brandstof: Namibiërs geniet nog lae pryse

Die brandstofprys styg wel vannag met 50 sent ‘n liter petrol en 70 sent ‘n liter diesel, maar Namibiërs geniet eintlik nog lae brandstofpryse, veral vergeleke met Suid-Afrika. Die energieministerie sal ook die maand 120 miljoen Namibiese dollar moet betaal vir die onderverhaling met die nuwe brandstofprys, as gevolg van die impak van Brent ru-olie se prys. In Namibië word brandstof gesubsidieer terwyl dit in Suid-Afrika belas word. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie verduidelik.