Zim ent jongmense van 16, 17

Zimbabwe se gesondheidsministerie het die gebruik van die Chinese Sinovac Covid-inenting vir tieners vanaf 16 jaar oud, goedgekeur. In ‘n verklaring sê die owerheid dat kudde immuniteit teen Desember bereik moet en dat daar steeds oorweeg word om jonger kinders in te ent. Suid-Afrika dien reeds inentings toe aan kinders vanaf 12 jaar oud. In Zimbabwe is Sinopharm nie vir jonger kinders goedgekeur nie. ‘n Totaal van 38 persent van Zimbabwiërs is reeds ingeënt. Die Namibiese gesondheidsminister, dr, Kalumbi Shangula het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus aangedui dat daar op die huidige stadium geen beplanning is om jongmense in te ent nie en dat meer volwassenes die spuit moet kry. Daar is tans net meer as 263 000 Namibiërs wat ten volle ingeënt is.