Inentings en ‘lang Covid’

Volgens navorsing is bevindinge dat deurbraak-infeksies tot langdurige Covid kan lei. Die aanhoudende sindroom van Covid-na-effekte bekend as lang Covid, kan ontwikkel ná “deurbraak” infeksies by ingeënte mense, toon ‘n nuwe studie. Navorsers aan die Oxford Universiteit in die Verenigde Koninkryk het data oor byna 20 000 Amerikaanse Covid-pasiënte nagegaan, waarvan die helfte ingeënt is. Pulmonoloog dr. Willie Bruwer sê min mense wat ingeënt is, eindig op in hospitale.