Jane Goodall Barbie sal inspireer

Die baanbreker Britse primatoloog Jane Goodall het ‘n Barbie in haar gelykenis gekry. Dit vervul volgens haar ‘n jarelange wens om haar eie pop te hê om jong meisies te inspireer. Die pop is van herwinbare plastiek vervaardig en het ‘n notaboek, en ‘n vêrkyker. En David Greybeard, ‘n sjimpansee, is ook aan haar sy. Goodall het in die Sestigerjare die woude van Tanzanië alleen ingevaar en die diere bestudeer. 

Mattel, wat Barbie vervaardig, sy hy sal saam met die Jane Goodall-instituut en haar jeugbeweging Roots & Shoots saamwerk om kinders te help om hul omgewingsimpak te leer.