Brandstof dalk goedkoper

Die Outomobiel Assosiasie in die buurland voorspel ‘n aansienlike daling in brandstofpryse vroeg volgende maand. Hy verwag die petrolprys sal met meer as een rand 90 sent per liter daal en diesel met sowat 78 sent, gegrond op die Sentrale Energiefonds se ongeouditeerde middel-maand data. Die prys van lampolie kan met 74 sent daal. Die AA sê dit kan toegeskryf word aan bestendiger internasionale oliepryse, maar waarsku die amptelike aanpassing vir November kan steeds negatief beïnvloed word deur die opwaartse neiging in oliepryse weens die konflik in die Midde-Ooste.