Studie oor damprook toon hoër bloeddruk, vinniger hartklop

‘n Nuwe studie het bevind dat mense wat damprook of rook, vinniger hartklop en verhoogde bloeddruk ervaar. Navorsers het die uitwerking ondersoek van e-sigarette en tradisionele sigarette op gereelde gebruikers. Gereelde nikotien gebruikers toon ‘n meer wisselvallige hartklop en ‘n vernoude bragiale slagaar wat bloed aan die arms en hande verskaf. Internasionale media berig, die outeur van die studie, Matthew C Tattersall, sê dié bevindings dui op groter risikofaktore vir kardiovaskulêre siektes pas nadat mense ge-damprook of gerook het.