Brand by polisiebarakke op Otjiwarongo verwoes twee woonstelle

‘n Brand het vanoggend in die polisiebarakke op Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek uitgebreek. Volgens die Namibiese polisie het die brand vermoedelik ontstaan ná ‘n polisieman laat Vrydagaand of vroeg vanoggend begin kook en toe aan die slaap raak het. Daar is 22 woonstelle in die polisiebarakke, waarvan twee heeltemal deur die vlamme verswelg is. Niemand is beseer nie. ‘n Saak van brandstigting word ondersoek.