Burre Burger se SA Droogtehulpfonds skenk N$250 000 aan Suide-brand

Burre Burger se Droogtehulpfonds in Suid-Afrika het 250 000 Namibiese dollar geskenk ten bate van die verwoestende brand in die suide van Namibië. Volgens Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië is die reuse-veldbrand nog geensins onder beheer nie. Sy sê die vuur vlam nog steeds op weens die wind wat vinnig van rigting verander en op plekke is daar groot nood. Sy sê die boere se enigste hoop is dat die reën sal uitsak om die vlamme te blus.