Brand by casino in Kambodja eis 19 lewens

Neëntien mense is reeds dood en dosyne beseer in ‘n brand in ‘n casino-kompleks in Kambodja. Die tragedie het naby die Asiese land se grens met Thailand gebeur. Plaaslike owerhede sê talle slagoffers is dood toe hulle uit die gebou gespring het in ‘n poging om aan die vlamme te ontkom. Die sterftesyfer gaan na verwagting verder styg. Sowat 700 mense is gered. Die hotel het na wat berig word ‘n elektriese stelsel vir sy kamers en hysbakke gebruik en baie slagoffers is in hulle kamers vasgekeer toe die brand uitgebreek en die krag afgegaan het.