Brakwater-gemeenskap hou Saterdag ‘n fondsinsamelings-projek

Die Brakwater-gemeenskap gaan eerskomende Saterdag by
Park and Sell ‘n fondsinsamelings-projek ten bate van die Brakwater District Watch hou.
Dit is om fondse in te samel om hulle te help met die aankoop van tweerigting-
radio’s, seinversterkers en toerusting om veldbrande te blus. Allerhande lekkernye sal te
koop aangebied word soos pannekoek, vetkoek, Glühwein en sop. Die koste
vir ‘n vlooimarkstalletjie is 150 Namibiese doller. Die aand kan ‘n fliek by die inry-teater
geniet word. Die Organiseerder Birgit Rupping.