Bouwerk begin aan SKA-teleskoopprojek

Bouwerk het begin aan die SKA-ruimte-teleskoopprojek by Carnavon in die Noord-Kaap. Suid-Afrika en Australië sal in beheer wees van die grootste radioteleskoop en doeltreffendste radio-astronomie. Die projek sal 133 skottels voeg tot die reeds bestaande 64 SKA-voorloper-teleskoop, Meerkat. Die SKA-projek sal na verwagting maatskaplik-ekonomiese voordele vir Suid-Afrika inhou, insluitend werkskepping en ontwikkeling van vaardighede. Die Suid-Afrikaanse Radio Astronomie-sterrewag sê die grootte maak dit 10 000 maal vinniger as bestaande radioteleskope en waarborg vernuwing in wetenskap en ingenieurswese. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaasptad, Fritz Platt…

https://iframe.iono.fm/e/1259922