LPM vry na koalisie met IPC?

Nadat Henny Seibeb van die LPM-party uitgevaar het teen die Windhoek burgemeester Job Amupanda en geskimp het dat hy nie werklik omgee vir die grondlose inwoners van die hoofstad nie, wil dit voorkom asof die party nou agter die IPC aanvry vir ‘n moontlike koalisie in die Windhoek stadsraad. Die party het vroeër enige sprake van koalisies by die stadsraad verwerp. Daar is tans ‘n koalisie tussen die IPC, die Affirmative Repositioning-beweging, Nudo en die PDM met agt setels op die raad. Die LPM het samesprekings in verband met ‘n koalisie reeds in Desember verlede jaar verlaat. Seibeb sê die huidige krisis by die munisipaliteit vereis die party se ingryping.