Dr. Kalumbi Shangula verskaf Covid-syfers

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 137 nuwe Covid-gevalle in 11 streke uit 1 251 toetse bevestig. Daar is 20 leerders van verskillende skole en 11 gesondheidswerkers in hierdie groep. Die ouderdomme wissel tussen 9 dae en 88 jaar oud. Altesaam 239 mense het herstel, maar 7 sterftes is vandag aangemeld. Die Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, verskaf syfers.